
Argieffoto.
Maroela Media het verlede jaar geskiedenis gemaak as die eerste Afrikaanse aanlynplatform om die matriekuitslae te publiseer. Vanjaar maak ons weer so. Klik hier om meer te lees.
Maroela Media kan vir jou kennisgewings stuur om jou te laat weet wanneer die matriekuitslae op ons webblad gepubliseer is. Vul die vorm hieronder in. As jy jou e-posadres en selfoonnommer verskaf, sal ons vir jou ʼn e-pos en SMS stuur.
Die departement van onderwys gaan nie leerders se name verskaf nie en matrikulante moet hul eksamennommer intik om hul uitslae te sien.
Registreer met die onderstaande vorm. Jou inligting sal slegs gebruik word om jou met die regte uitslae te assosieer.