Quantcast
Channel: Nuus | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

In Duitsland word beslag gelê op eiendom

$
0
0
Vlugtelinge skuil by 'n geboue. Foto: DPA

Vlugtelinge skuil in ‘n geboue. Foto: DPA

Uit verskeie Duitse stede word berig van eiendom waarop beslag gelê word. Daar word geskat dat ongeveer ’n miljoen vlugtelinge net vanjaar al in Duitsland aangekom het.

In Hamburg word aan ’n wet gewerk om huisvesting vir die nuwe vlugtelinge te bewerkstellig. Die wet, genaamd “Gesetz zur Sicherung der Flüchtlingsunterbringung in Einrichtungen”, gee die staat die mag om op eiendom beslag te lê. Die wet sal 1 November van krag wees.

Die doel is om veral leegstaande geboue op te eis. Geboue wat pakplek verskaf het of as supermarkte gebruik is, word in die visier geneem. Wooneiendom word tans nog nie deur die plan geraak nie. Voorheen het die Duitse polisie wel die reg gehad om beslag te lê op eiendom indien dit sou geld vir die afweer van gevaar wat die gemeenskap bedreig. Dit was egter moeilik om hierdie reg op die publiek af te dwing.

Selfs sonder die wet word die toestand deur vele verenigings glad nie verwelkom nie. In Nieheim is huurders ingelig dat hulle hul woonstelle moet ontruim. Die munisipale woonstelle word benodig vir die vlugtelinge. Daar word gevrees dat sulke stappe die sogenaamde “welkom-kultuur” wat tans nog in Duitsland heers in die kiem sal smoor. Die burgemeester het selfs moorddreigemente ontvang toe die inwoners hoor dat baie vlugtelinge op pad is na hul dorp wat maar net 6 400 inwoners het.

In Berlyn is ’n kompleks in Friedrichshain-Kreuzberg in die spervuur. ’n Ierse belegger het die gebou gekoop en dit staan tans nog leeg. Nou wil die stad Berlyn dit opeis om verblyf vir die vlugtelinge te gee. Verskeie mense vrees dat hul eie eiendom se waarde sal daal indien sulke geboue vol vlugtelinge in hul omgewing ontstaan.

September 2015 was ’n rekordmaand vir Duitsland. Nog nooit vantevore het meer vlugteling in een maand in Duitsland opgedaag nie. Die skatting trek tans by 10 000 mense per dag. Die winter is op hande en al die mense het huisvesting nodig.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!