Quantcast
Channel: Nuus | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

TV-man breek stilte oor botsing wat motorfietsryer eis

$
0
0

Blomme by die ongelukstoneel. Foto: Facebook

Blomme by die ongelukstoneel. Foto: Facebook

Die student wat aan die werklikheidstelevisiereeks Rich Kids deelgeneem het en daarvan beskuldig is dat hy betrokke was by ʼn botsing waarin ʼn motorfietsryer gesterf het, het sy stilte oor die voorval gebreek.

Nape Phasha, wat regte studeer, voer in hofdokumente aan dat hy nie ʼn bestuurder of passasier was van die motor wat die aand van 13 Augustus die motorfietsryer getref het nie. Die ongeluk het gebeur by die kruising van Garsfontein- en Netcareweg in Moreletapark, Pretoria. Mogomotsi Moerane (31) is in die ongeluk dood.

Kobie Delport, ʼn ooggetuie, het destyds aan Maroela Media gesê hy het in Garsfonteinweg by die verkeerslig gewag toe hy die ongeluk sien gebeur het.

Nape Phasha. Foto: Instagram

Nape Phasha. Foto: Instagram

“’n Swart Mercedes Benz was in die baan wat regs draai. Die lig was al rooi toe die bestuurder wel besluit het om ʼn kans te waag en vinnig voor die aankomende verkeer in te draai. Die motorfiets het natuurlik vinniger as die ander voertuie weggetrek en het die Mercedes teen die linkerkantse agterdeur getref,” het hy vertel.

Volgens Delport het die motorfiets omgeslaan en bo-op die motorfietsryer beland. “Ek het dadelik uitgespring en na hom toe gehardloop. Die bloed het by sy valhelm uitgestroom. Hy het nog so drie keer ingeasem en toe is hy dood.”

Die bestuurder van die Mercedes het glo langs die pad afgetrek, maar nie uit sy motor geklim om te kyk of die motorfietsryer beseer is nie. “Hy het net in sy motor gesit en op sy foon gepraat. Ek het vir hom gesê om net daar te bly en nie die toneel te verlaat nie.”

Mogomotsi Moerane. Foto: Verskaf

Mogomotsi Moerane. Foto: Verskaf

“Sowat tien minute later het nog ʼn motor daar stilgehou en ʼn goedgeklede man met sulke blink skoene het uitgeklim. Ek het hom dadelik herken as die pa van een van die families in die realiteitsreeks Vuzu Rich Kids. Hy het met die bestuurder in die Mercedes gepraat wat ek aangeneem het is sy seun, en toe is die twee in die pa se motor daar weg. Die Mercedes het net daar langs die pad bly staan.”

Daar is destyds aangevoer dat Phasha die Mercedes bestuur het wat in die ongeluk betrokke was. Michael Motsoeneng, Phasha se regsverteenwoordiger, het aan Maroela Media gesê sy kliënt het na die voorval doodsdreigemente ontvang en dat hy ʼn lyfwag moes aanstel. Volgens Motsoeneng was sy kliënt ten tyde van die ongeluk in Johannesburg en sal hulle dit in die hof aanvoer.

Klik hier vir alle vorige berigte oor die saak op Maroela Media.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!