
Omar al-Basjir, president van Soedan
Al-Basjir het in Junie die Afrika-Unie se beraad in Johannesburg bygewoon toe die Suider Afrikaanse Litigasiesentrum (SALC) ʼn hofaansoek gebring het om al-Basjir in hegtenis te laat neem op grond van die Internasionale Strafhof se lasbrief vir sy arrestasie.
Die hof het beveel dat al-Basjir in hegtenis geneem moet word, maar Al-Basjir het egter reeds die land verlaat. Die hof het hierna bevind dat dit Suid-Afrika verplig was om al-Basjir in hegtenis te neem en dat die regering se versuim om dit te doen, ongrondwetlik was.