Brig. Selvy Mohlala, woordvoerder van die polisie, het gesê een van die liggame wat Dinsdag uit die rivier gehaal is, is reeds geïdentifiseer as dié van Lucas Lukhele (32). Hy was ʼn inwoner van die area. Lukhele se hande was agter sy rug vasgemaak en hy het steekwonde aan sy liggaam gehad.
ʼn Tweede man, in sy vroeë 50’s, se liggaam is Maandag uit die rivier gehaal. Sy identiteit is nog onbekend.
“’n Voorlopige ondersoek dui daarop dat die slagoffers elders doodgemaak is voordat hul liggame in die rivier gestort is. Inwoners het die polisie in kennis gestel toe hulle ʼn liggaam in die rivier sien dryf het,” het Mohlala gesê.
Niemand is nog in hegtenis geneem nie.