Quantcast
Channel: Nuus | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Kleuter (4) sterf in fratsongeluk

$
0
0

Juwanette van Staden. Foto: Facebook

Juwanette van Staden. Foto: Facebook

ʼn Ouerpaar van Krugersdorp is in rou gedompel nadat hul vierjarige dogtertjie in ʼn fratsongeluk dood is, toe ʼn staalhek op haar geval het.

Leensa Engelbrecht, Juwanette van Staden se ouma, het aan Maroela Media vertel hoe die hek op Juwanette beland het voordat sy enkele ure later dood is. Juwanette se ouers, Belinda (25) en David (35) van Staden, was te getraumatiseerd om met die media te praat.

Engelbrecht het gesê Juwanette en haar sesjarige sussie het buite in die erf gespeel terwyl hul pa by die huis oorkant die straat installasiewerk gedoen het. Die twee sussies het hulle pa gesien en wou na hom toe gaan.

“Hy het vir hulle gesê hulle moet net ʼn bietjie wag totdat hy klaar gewerk het en dan sal hy na hulle toe kom,” het Engelbrecht vertel. “My oudste kleinkind het egter die slot van die hek oopgemaak en hulle het albei saam probeer om die hek oop te trek toe dit omgeval het. Die ouer sussie kon betyds uit die pad spring, maar die hek het bo-op Juwanette te lande gekom.”

Engelbrecht het gesê David het dadelik oorgehardloop en die hek van Juwanette afgehaal. “Daar was baie bloed. Jy kon dadelik sien sy het verskriklik seer gekry. Haar skedel was gekraak en die bloed het by haar mondjie en neusie uitgekom,” het sy gesê. David het met Juwanette na die Dr. Yusuf Dadoo-hospitaal gejaag waar hulle haar gestabiliseer en op ʼn asemhalingmasjien geplaas het.

“Hulle het by die hospitaal vir ons gesê dit lyk nie goed nie. Hulle moes die bloed met ʼn pypie uit haar neusie suig en dit was duidelik dat daar bloeding op haar brein was,” het sy gesê. Juwanette is per ambulans na die Charlotte Maxeke-hospitaal geneem, maar is met haar aankoms dood verklaar.

“My skoonseun het saam met die ambulans tot by die hospitaal gery. Ek het agtergebly om vir Belinda te ondersteun. Ek het net ʼn SMS gekry wat sê, ‘Nee ma. Nee ma. Sy is weg’,” het ʼn emosionele Engelbrecht gesê.

Sy vertel dat Juwanette se ouers baie swaar kry ná hul jongste se dood. “Belinda is al leeg gehuil. Ek wil nie hê sy moet kalmeerpille drink om hierdeur te kom nie. Sy moet wat gebeur het self hanteer, sy moet dit voel, want anders draai sy later om en voel sy was nie deel van Juwanette se afskeid nie.”

Sy het gesê die gesin het na Juwanette se dood ʼn fonds gestig om die begrafniskostes te dek, maar sedertdien het ʼn skenker aangebied om vir die begrafnis betaal. Die begrafnis sal waarskynlik Maandag gehou word.

“Juwanette was ʼn dienaar. Sy was baie erg oor haar maatjies en het altyd probeer help as hulle met iets gesukkel het of as een siek was,” het sy gesê. “Haar sussie bid elke aand dat Liewe Jesus haar sal help om soet te wees sodat sy ook eendag na haar sussie toe kan gaan. Sy het baie vrae, maar sy weet dat haar sussie nou by Jesus dans.”


Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!