Quantcast
Channel: Nuus | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Polisieman maak glo aangehoudene swanger

$
0
0

Foto: SAPD, Facebook

Foto: SAPD, Facebook

ʼn Polisiebeampte van Polokwane wat verlede week in hegtenis geneem is in verband met die verkragting van ʼn 22-jarige vrou in aanhouding, het glo ook in 2011 ‘n ander vrou in aanhouding verkrag en swanger gemaak.

Grace Langa, woordvoerder van die onafhanklike polisie-ondersoekdirektoraat (Opod), het gesê beide verkragtings het glo in dieselfde kantoor by die Seshego-polisiestasie plaasgevind. Volgens Langa het die beampte glo in 2011 ʼn 19-jarige vrou verkrag terwyl sy in aanhouding by die polisiestasie was.

“Sy kollegas het glo nie verklarings van getuies afgeneem, DNS-toetse gedoen, ʼn uitkenningsparade gehou of die saak by Opod aangemeld nie. Volgens Langa het die vrou swanger geraak en later dieselfde jaar geboorte geskenk. “Die slagoffer is later in hegtenis geneem op aanklag van kinderverwaarslosing nadat sy glo van die huis af verdwyn het aangesien sy dit glo nie kon uitstaan om vir die kind te sorg wat weens verkragting gebore is nie.”

Langa het gesê die vrou is op borgtog vrygelaat waarvoor die polisiebeampte glo betaal het en haar gevra het om nie die beweerde verkragting aan te meld nie. Hy het glo ook beloof om onderhoud te betaal. Langa het gesê Opod sal dié beweerde verkragting ondersoek en borgtog teenstaan wanneer die 51-jarige beampte op 29 September in die hof verskyn.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!