
Argieffoto
Brig. Hangwani Mulaudzi, woordvoerder van die Valke, het gesê die man, wat kontant in kitsbanke moes laai, het glo net die helfte van die kontant gelaai en die ander helfte met vervalste note vervang.
Volgens Mulaudzi het die 30-jarige verdagte dan die res vir homself gehou. Die bank het agterdogtig geraak nadat die verdagte glo reeds meer as R2,2 miljoen gesteel het. Die verdagte het glo gevlug toe hy besef het die bank is agterdogtig en is hy deur die Valke se teenkorrupsie-eenheid en lede van die Groblersdal-polisie in hegtenis geneem.
Die verdagte sal na verwagting Woensdag in die Groblersdal-landdroshof verskyn.