Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê paramedici en die polisie is na die toneel ontbied nadat werkers van ’n vullisverwyderingsdiens die liggaam in die sak gevind het. “Paramedici het die baba ondersoek en bevind sy was al ʼn geruime tyd dood,” het Meiring gesê.
Dit is nie in hierdie stadium duidelik hoe die baba dood is nie.
Die liggaam is buite ʼn meenthuiskompleks by vullisdromme in Steve Bikostraat gevind. Die polisie sal die saak ondersoek.