Adriaan Basson, voorsitter van die Suid-Afrikaanse Redakteursforum (Sanef), het aan Maroela Media gesê ʼn joernalis van Rapport, Pieter-Louis Myburgh, het omstreeks 18:00 verby Montana se nuwe huis in Waterkloof, Pretoria, gery nadat hy ʼn wenk ontvang het oor beweerde ongerymdhede rakendedie huis.
“Myburgh was in sy maatskappymotor en het nooit die privaat eiendom van Montana betree nie,” het Basson gesê. Hy het gesê Myburgh het egter nader aan die hek gery en een van die werkers gevra of Montana daar is en of hy met hom kan praat.Montana het uit die huis gekom en op Myburgh afgepyl met ʼn baksteen in sy hand. “Pieter-Louis se passasiervenster was oop en toe hy sien Montana gaan hom met ʼn baksteen gooi, het hy vinnig weggetrek,” het Basson gesê. Die baksteen het die motor agter teen die kant getref en die voertuig beskadig.
“Sanef is baie geskok oor Montana se optrede en ons ondersteun Myburgh en Rapport se strafregtelike klagte teen hom,” het Basson gesê. “Ons onderskryf die vryheid van joernaliste om ondersoekende joernalistiek wat in die publiek se belang is te beoefen. Montana se optrede is onaanvaarbaar.”