
Foto: royal.gov.uk
Koningin Elizabeth II (89) is nou amptelik die langste regerende Britse monarg. Sy het pas haar groot oumagrootjie, koningin Victoria, se rekord van 63 jaar en sewe maande gebreek. Die presiese oomblik wanneer Elizabeth koningin geword het, is nie bekend nie omdat haar pa, koning George VI, op 6 Februarie 1952 in die vroeë oggendure oorlede is.
Die Britse premier, David Cameron, het op Twitter sy lof uitgespreek: “Haar majesteit is die laaste 63 jaar ʼn rots van stabiliteit in ʼn wêreld wat konstant verander.”
Daar word omtrent fees gevier in Brittanje en koning Elizabeth word op verskeie maniere vereer. In die hart van Londen flikker die BT-toring byvoorbeeld die woorde: “Mag sy lank regeer.”
Die koningin bring die dag in Skotland deur op ’n amptelike besoek.
Lees die volledige berig hier.








