Quantcast
Channel: Nuus | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Man agter tralies ná wrede verkragting van bejaarde

$
0
0
Argieffoto

Argieffoto

ʼn 38-jarige verkragter is Dinsdag in die Ladybrand-streekshof tronkstraf opgelê nadat hy ʼn 78-jarige vrou wat hy goed geken het, wreed verkrag het.

Sers. Martin Xuma, provinsiale polisiewoordvoerder van die Vrystaat, het gesê Bentikie Phofane van Platberg, naby Ladybrand, is tot effektief 20 jaar tronkstraf gevonnis vir die verkragting op 27 Februarie vanjaar net ná middernag.

“Die bejaarde vrou het geslaap toe die man by haar huis ingebreek en die komberse van haar bed af gepluk het,” het Xuma gesê. “Sy het wakker geskrik en gesien dit is iemand wat sy ken. Phofane het die bejaarde vrou met sy vuiste geslaan en haar wreed verkrag voordat hy die huis verlaat het.”

Die voorval het op ʼn Vrydag plaasgevind. Die slagoffer het die hele naweek in haar huis geskuil en is eers die Maandag, 2 Maart, na ʼn hospitaal toe, waarna sy na die polisie verwys is en ʼn saak aanhangig gemaak het.

Phofane is op 4 Maart in hegtenis geneem.

Speurkonst. Sootho Litabe van die Ladybrand-polisie se eenheid teen gesinsgeweld, kindermishandeling en seksuele oortredings het die saak hanteer.

“Speurkonst. Litabe kon die staat help om Phofane se skuld te bewys deur net op die slagoffer se getuienis staat te maak. Aangesien die saak eers later by die polisie aangemeld is, was daar geen DNS-monsters om Phofane met die verkragting te verbind nie.”

Phofane is op 7 September skuldig bevind op aanklag van verkragting en inbraak met die doel om te verkrag.

Lt.genl. Simon Mpembe, provinsiale kommissaris, het die vonnis verwelkom en Litabe geloof vir sy speurwerk wat tot Phofane se skuldigbevinding gelei het.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!