Konst. Mosili Ntsika, woordvoerder van die polisie, het gesê Dougie Pope is omstreeks 08:30 by die ingang na sy plaas geskiet. “Ons het baie min inligting sover, maar Pope was glo besig om die hek van sy plaas oop te maak toe hy uit ʼn verbygaande motor geskiet is,” het sy gesê.
“ʼn Wit motor met drie swart mans was glo betrokke, maar ons weet nie watter soort motor dit was nie. Pope kon daarin slaag om terug te strompel in die plaas in en sy seun te roep wat met hom hospitaal toe gejaag het.”
Ntsika kon nie bevestig waar Pope geskiet is of hoe ernstig hy beseer is nie. Die polisie ondersoek die saak.