Quantcast
Channel: Nuus | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

‘Veiligheidsbeamptes’ roof R1 miljoen by ander

$
0
0
Argieffoto

Argieffoto

Sowat R1 miljoen is Dinsdagoggend gesteel nadat ʼn SBV-veiligheidsbeampte deur twee gewapende mans in Hazyview in Mpumalanga beroof is terwyl hy geld in ʼn kitsbank gelaai het.

Volgens brig. Selvy Mohlala, provinsiale polisiewoordvoerder, het twee mans, geklee in SBV-uniforms, die veiligheidswag genader terwyl hy geld in ʼn Nedbank-kitsbank gelaai het.

“Hulle het ʼn geweer op hom gerig en die kontant wat hy gelaai het, gesteel. ʼn Medepligtige het in ʼn wit Audi vir sy makkers gewag en al drie het in dié voertuig van die toneel gevlug,” het Mohlala gesê.

Geen skote is gevuur nie en niemand is tydens die voorval beseer nie.

Die polisie ondersoek ʼn saak van gewapende roof.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!