
Studente by Elsenburg-landboukollege. Foto: AfriForum Jeug
Die vraag is ook nou in Suid-Afrika besonder aktueel. Na aanleiding van die anti-Afrikaanse betogings op veral die Elsenburg-kampus, sê Henk Maree, nasionale voorsitter van AfriForum Jeug: “Dit is beter om voorsorg te tref en planne gereed te hê indien soortgelyke optogte by ander universiteite plaasvind.
“Met die toepassing van die voorkomingsplan wil ons sover moontlik met kampusse saamwerk, maar ons sal nie skroom om studente se veiligheid en regte self te beskerm nie. AfriForum Jeug is van mening dat universiteitsbesture weens politieke druk nie bereid is om teen radikale transformasie-aktiviste op te tree nie.”
Presies hoe groot is die gaping tussen die aktivisme van radikale studente wat ander met sambokke bydam oor ’n politieke saak, en terreur?
Die Grondwet waarborg immers slegs die reg op vreedsame protes.
Presies hoe vreedsaam is protes as motoriste deesdae daagliks op die radio se verkeersverslae gewaarsku word om sekere paaie te vermy weens gewelddadige betogings waar klippe en brandende motorbande op paaie geplaas word? Of busse vuurgemaak word omdat taxi-bestuurders ontevrede oor hul toetrede is?
En so in die verbygaan, pleeg die regering nie ekonomiese terreur deur die manier waarop hy die ekonomie deur politieke retoriek en inwerkingstelling in die voet skiet nie?
Lees gerus wat skryf Dean MacPherson van die DA in die Rand Daily Mail: “But the reason SA finds itself in an economic crisis is because of the political decisions the Zuma administration has taken, including those he has entrusted to implement economic policies. The business-crushing policies that seek to inhibit, rather than allow business to grow, are solely political in their nature.”
Dit is egter nie al nie. Die gesaghebbende internasionale saketydskrif, The Economist, het ook kras woorde vir die politieke opmors van die land se ekonomie deur die regering gehad: “To understand how far South Africa has strayed from Nelson Mandela’s legacy, one need only peruse the latest foreign-policy paper drafted by grandees of the ruling African National Congress (ANC). The fall of the Berlin Wall, it reads, marked not the freeing of captive nations in Europe but a regrettable triumph of Western imperialism. The pro-democracy protests in Tiananmen Square in China were an American-backed counter-revolution. Russia’s invasion of eastern Ukraine is a conflict ‘directed from Washington’. America’s policies in Africa and the Middle East have ‘the sole intention’ of toppling democratic governments. As ‘part of the international revolutionary movement to liberate humanity from the bondage of imperialism’, South Africa should seek to have American military bases thrown out of Africa. If this were a spoof, it might be amusing. Yet the document is entirely serious: its contents are to be debated at the ANC’s policy conference in October.”
Dit wil mos al lyk of Maroela Media se nuuskommentaar oor die Kwaadwillige Regering van 4 September eerder tydig was as wat dit die taai kopdoekklappe verdien het wat dit opgedoen het.
Maar terreur?
Word die term “terreur” nie soms te maklik ingespan nie? Volgens Trouw se artikel handel die hofsaak in Den Haag daaroor om ’n juridiese en ’n wetenskaplike benadering met mekaar te balanseer. Dit gebeur beslis soms dat state wat ongelukkigheid ervaar, die woord “terreur” in wetgewing giet om bykans enige ongelukkigheid met die regering strafbaar te maak … en met ernstige strawwe soos selfs die doodstraf op die koop toe. In die proses word skerp afgewyk van die politiek-wetenskaplike definisies en begrippe van terreur. Dit kan selfs in staatsterreur ontaard.
Maar tog, as beserings, selfs sterftes en saakbeskadiging sterk waarskynlike uitkomste is, wanneer dit sterk gerig is om in aanmerking te kom vir propaganda van die daad (dus om as “verhoog” te dien waar die wêreld danksy die media die gehoor is), dan maak dit ook wetenskaplik sterk aanspraak om as terreur bestempel te word. Trouw skryf oor die hofsaak in Den Haag dat die regter en wetenskaplike oor één punt eensgesind was: “De terreur wordt voor de helft op het slagveld en voor de helft in de media gestreden.”
Toepaslik of nie – dus, om die woord “terreur” in die konteks van anti-Afrikaanse betogings in te span – dit verskaf nietemin ’n sleutel tot die komplekse aard daarvan wat die vind van oplossings moeilik maak. Hier is geen sprake van ’n slagveld waar dit met konflik besleg kan word nie – dis net die oortjies van die seekoei. Onder die water is ’n hele seekoei van politieke en sielkundige idees wat dikwels diep gesetel is. Dit het dikwels ’n politieke naelstring na ’n opdraggewer wat dit soos ’n marionet beheer. Dit werk met heel ander historiese en ander perspektiewe as dit waarmee die teenstanders werk. En vir ’n “lawwigheid” soos die Grondwet en ander se grondwetlike regte is daar geen ruimte nie.
Die stryd gaan moeilik wees, veral as die regering nie duidelik ’n pro-grondwetlike standpunt inneem nie.