
Skermskoot uit die video
Dramatiese beeldmateriaal van ʼn ‘raaiselagtige vuurbal’ wat Maandagoggend oor Thailand neergestort het, laat die tonge klap op sosiale media.
Sterrekundiges het vreemde teorieë soos dat dit ruimte-afval is wat uitbrand of ʼn brandende ballon of selfs ʼn ruimteskip wat neergestort, afgelag. Volgens hulle is dit waarskynlik ʼn meteoriet wat uitgebrand het toe dit die atmosfeer binnegedring het.
Die gebruiker Porjai Jaturongkhakun het ʼn video op YouTube gelaai wat met sy motor se paneelbordkamera afgeneem is. Hy het om 08:41 die dramatiese beelde in Ngwamwongwasweg in Nonthaburi, Thailand, verfilm. Hy het in ʼn westelike rigting gery op pad werk toe.
Worawit Tanwutthibundit, sterrekundige by Chachoengsao-sterrewag, het gesê daar is geen rede tot kommer nie, dit is ʼn “normale fenomeen”.