Quantcast
Channel: Nuus | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Tieners vas oor gewapende roof in Grahamstad

$
0
0
Argieffoto

Argieffoto

Vier tieners het Maandag in die Grahamstadse landdroshof in die Oos-Kaap verskyn op aanklag van gewapende roof.

“Die vier seuns, tussen 14 en 16 jaar oud, is Saterdag in hegtenis geneem nadat hulle glo die vorige dag ʼn uitlander in sy winkel in Grahamstad aangehou het,” het Mali Govender, woordvoerder van die polisie, gesê. “Die span het deurnag gewerk om die oortreders aan te keer.”

Volgens Govender het die verdagtes met ʼn onbekende bedrag geld en ʼn aantal kruideniersware gevlug. Een skoot is gevuur. “Niemand is beseer nie.”


Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621