Quantcast
Channel: Nuus | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Pta-fotograaf se versoek aan Charlize Theron

$
0
0

Albert Bredenhann met sy versoek aan Charlize Theron. Foto: Facebook

Albert Bredenhann met sy versoek aan Charlize Theron. Foto: Facebook

ʼn Fotograaf van Pretoria se versoek aan die aktrise Charlize Theron word wyd op sosiale media gedeel.

Dit is nie die eerste keer dat Albert Bredenhann (41) van Pixel Pro Photography dié versoek aan Theron rig nie. Dit is al vir jare sy droom om die Suid-Afrikaans gebore Hollywood-aktrise af te neem. Sowat twee jaar gelede het hy die versoek in ʼn ope brief gemaak. Dit was egter onsuksesvol en Bredenhann het dié keer ʼn ander benadering gebruik.

Bredenhann het ʼn foto laat neem waar hy ʼn plakkaat vashou met die woorde: “Charlize Theron. Please call me. (I would like to photograph you).” Bredenhann het ook sy selnommer bygesit en mense gevra om die foto op sosiale media te deel. En dit is presies wat tans gebeur. Bredenhann se versoek is al deur duisende mense op sosiale media gedeel deur onder meer verskeie bekendes soos Bobby van Jaarsveld, wie se troufoto’s deur Bredenhann geneem is, sowel as Elizma Theron, Radio Raps se Jonathan en Roland Schoeman. Bredenhann het al verskeie bekendes se troufoto’s geneem, waaronder Karlien van Jaarsveld en Arno Jordaan. Hy het ook al foto’s van Elton John en Andrea Bocelli geneem.

Charlize Theron. Foto: Werner Beukes/SAPA

Charlize Theron. Foto: Werner Beukes/SAPA

Volgens Bredenhann het hy drie jaar terug besluit hy wil Theron afneem. “Sy is ongelooflik mooi. Die probleem is net dat ek haar nie in die hande kry nie. Ek het klaar besluit ek gaan haar afneem, sy weet dit net nog nie.”

Bredenhann het gesê hy het besluit om weer met Theron te probeer kontak maak nadat hy gehoor het sy is glo tans in Suid-Afrika. Volgens Bredenhann het Henk Opperman, oftewel Dozi, Sondag op sy Facebook-blad geskryf dat Theron sopas by sy kuierplek Back to the Roots in Hartbeespoortdam ingestap het. “Ek het Dozi dadelik gebel toe ek dit gesien het en gevra of sy nog daar was, maar sy was reeds weg.”

Volgens Bredenhann het hy al talle versoeke aan Theron se agent via telefoon en e-pos gerig, maar het dit tot dusver onbeantwoord gegaan. “As die nuutste veldtog nie werk nie gaan ek op Tafelberg skryf met lig: ‘Charlize bel vir Albert’. Al moet ek duisend mense kry om op Loftus te skryf bel vir Albert, ek gaan haar afneem.”

Bredenhann het gesê hy is nie ʼn ‘stalker’ nie, maar slegs ‘n fotograaf met ‘n kreatiewe bemarkingsinvalshoek. Op ʼn vraag aan Bredenhann oor of hy al gedink het aan die plek waar hy Theron sal wil afneem of watter tipe foto hy sal wil neem, het hy gesê: “Die kreatiewe proses sal saam gebeur. Ons kan dit dalk vir liefdadigheid doen en van die foto’s op ʼn veiling verkoop.

My selfoon laai 24uur per dag en ek antwoord ook nou private calls,” het Bredenhann geskerts.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!