Quantcast
Channel: Nuus | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

‘Ons is keelvol vir misdaad’, sê boere ná moord op medeboer

$
0
0

Die hof op Laingsburg sit vol boere wat die hofverskyning van die verdagtes in die moord op Danie van Wyk van die plaas Viskuil bygewoon het. Foto: Lukas Botes/Verskaf

Die hof op Laingsburg sit vol boere wat die hofverskyning van die verdagtes in die moord op Danie van Wyk van die plaas Viskuil bygewoon het. Foto: Lukas Botes/Verskaf

ʼn Klompie boere uit die Laingsburg-omgewing het Woensdagoggend by die landdroshof op die dorp byeengekom tydens die hofverskyning van twee mans wat aangekla word van die moord op ʼn medeboer.

Elroy Plaatjies (36) en Petrus Stuurman (26) staan tereg op die moord op Danie van Wyk (57) van die plaas Viskuil sowat 8 km buite die dorp. Hulle het vlugtig in die hof verskyn.

“Ons is hier om ons misnoeë te kenne te gee met die wetteloosheid in die land,” het Andries le Roux, voorsitter van die Laingsburg-landbouvereniging en een van sowat 15 boere wat in die hof was, ná die verrigtinge gesê.

“Die boere is bitter ontsteld want daar is geen respek vir menselewens of eiendom nie, en gewelddadige misdaad neem toe. Jy en jou goed is nêrens veilig nie.”

Hy skryf die geweld onder meer toe aan dwelmmisbruik. “Dwelms het waarskynlik ook in die sinlose aanranding en moord ʼn rol gespeel.”

Volgens Le Roux het die boere tydens ʼn kwartaallikse vergadering kort ná die moord besluit om die hofverrigtinge by te woon. “Ons het besluit om solidariteit te toon deur hier te wees. Dit is nie net die boere nie, maar ook die ganse gemeenskap in die dorp en Bergsig en die landelike gebied van Laingsburg, Matjiesfontein en die Roggeveld wat keelvol is vir misdaad.

Carl Opperman, uitvoerende hoof van Agri Wes-Kaap, he gesê “Danie van Dyk se moord is sinneloos en ’n bewys dat misdaad in die land totaal handuit geruk het en dat respek vir onskuldige mense nie in die land bestaan nie. Ons is dankbaar teenoor die polisie dat hulle die verdagtes vasgetrek het seker maak dat hulle hul dag in die hof kry.”

Attie Stadler, ʼn lewenslange vriend, het Sondag 5 Julie laatmiddag onraad gemerk toe Van Dyk nie sy telefoon antwoord nie. Hy en sy vrou het hulle na die plaashuis gehaas. “Toe ek roep en hy antwoord nie het ek geweet iets is fout,” het hy gister gesê. “Daar was bloed en stukke draad op die stoep. Die deure was van binne gesluit.”

Omdat daar nie selfoonontvangs op die plaas is nie, het die egpaar teruggejaag dorp toe om die polisie te ontbied. Stadler is saam met die polisie die huis in en het sy ontslape vriend in die kombuis aangetref waar hy op sy guntelingplek op ʼn oliekan met ʼn kussing op tussen die stoof en die wasbak gesit het.

Volgens Stadler was Van Dyk ʼn invalide wat ʼn kluisenaarsbestaan gevoer het. “Hy was weerloos. Hy sou nooit iemand skade aangedoen het nie.”
Stadler sê die huis was omgekeer, asof na die kluis se sleutel gesoek is. Die kluis is uit die muur gebreek en oopforseer. ʼn Ou .22-geweer en ʼn pistool is gebuit. Die verdagtes is die Maandag en Dinsdag ná die voorval aangekeer nadat hulle probeer het om die vuurwapens van die hand te sit. Die .22-geweer is teruggevind, maar die pistool is nog soek.

Die saak is tot 21 Oktober vir verdere ondersoek uitgestel en sodat die verdagtes aansoek kan doen vir regshulp. Hulle bly in aanhouding.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!