Quantcast
Channel: Nuus | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Daar is hoop vir die metaalbedryf – Solidariteit

$
0
0
Arcelormittal se aanleg in Vereeniging Foto: arcelormittalsa.com

Arcelormittal se aanleg in Vereeniging Foto: arcelormittalsa.com

Die vakbond Solidariteit het vandag gesê dat daar hoop vir die sukkelende metaalbedryf is. Die vakbond meen hoewel daar nog ʼn lang herstelpad vir die bedryf voorlê, verskeie positiewe verwikkelings die afgelope ruk deur rolspelers in die bedryf bewerkstellig is.

Marius Croucamp, hoof van die metaalbedryf by Solidariteit, sê hoewel ArcelorMittal gister aangekondig het dat hy moontlik tot soveel as 400 werkers by sy walsery in Vereeniging kan aflê, dit verblydend is dat die hele Vereeniging-walsery nie gaan sluit nie.

“Aanvanklik sou die hele walsery gesluit het, wat tot ’n verlies van sowat 1 200 poste sou lei. Ons meen die gesprekke van die afgelope paar weke tussen rolspelers, vakbonde en die maatskappy het daartoe bygedra dat bedrywighede by die Vereeniging-walsery kan voortgaan. Ons sal nietemin voortgaan om moontlike alternatiewe tot die genoemde afleggings met die maatskappy te bespreek,” sê Croucamp.

Croucamp meen ʼn verdere positiewe verwikkeling is die onderneming deur Safal Steel om geen werkers oor die volgende drie jaar in sy metaalbedekking-afdeling (metal coating) af te lê nie, terwyl ArcelorMittal Suid-Afrika (Amsa) onderneem het om sy kleur-afdeling (colour line) vir die volgende drie jaar van enige afleggings te vrywaar. Daarby het Safal Steel aangedui dat hy sowat R300 miljoen in sy metaalbedekking-afdeling sal belê, terwyl Amsa onderneem het om R250 miljoen in sy kleur-afdeling te belê.

“Maatskappye probeer hard om die situasie te beredder en werp alles in die stryd om poste te red. Dit is reeds ʼn stap in die regte rigting as rolspelers in die bedryf almal die erns van die situasie besef,” sê Croucamp.

Croucamp waarsku egter dat die metaalbedryf nie buite gevaar is nie en dat duisende poste steeds in gedrang is. “Solidariteit sal in die komende weke voortgaan om indringende gesprekke met maatskappye te voer wat tans met afleggingsprosesse besig is om alternatiewe vir afleggings te bespreek,” het Croucamp bygevoeg.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!