
Foto: Twitter
Cecile Braun, bemarkingsbestuurder van die sentrum, het aan Maroela Media gesê ses gewapende mans het glo Dinsdagoggend ʼn voertuig van ʼn logistiekmaatskappy probeer beroof. Daar was glo elektroniese goedere soos skootrekenaars in die voertuig.
Volgens Braun het die polisie egter die vermeende rowers se planne in die wiele gery en is twee van die rowers in die proses doodgeskiet. “Twee rowers is gewond en die ander twee is in hegtenis geneem.”
Ao. Karen Jacobs, woordvoerder van die Honeydew-polisie, was nie onmiddellik vir kommentaar beskikbaar nie. Braun het gesê bedrywighede by die winkelsentrum is nie geraak nie en die sentrum is oop.
Die voorval volg nadat ’n vermeende rower Maandag in die parkeerterrein van die Menlyn-winkelsentrum in Pretoria geskiet is. Nog twee verdagtes is in hegtenis geneem. Lees meer hier.