Quantcast
Channel: Nuus | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Kortsluiting dalk rede vir brand by Potch-skool

$
0
0
Foto: Mooirivier Beskerming

Foto: Mooirivier Beskerming

Die brand wat Maandagaand die grootste gedeelte van die Hoër Volkskool Potchefstroom se seunskoshuis verwoes het, is vermoedelik deur ʼn elektriese kortsluiting veroorsaak.

Daar is vroeër berig ʼn brand het omstreeks 20:15 by die Jack Pauw-seunskoshuis op die skoolperseel uitgebreek. Niemand is in die voorval beseer nie.

Elias Malindi, woordvoerder van die Noordwes-onderwysdepartement, het aan Maroela Media gesê afgevaardigdes van die departement asook die LUR is tans op die toneel om die voorval te ondersoek. “Dit lyk asof die brand op die koshuis se dak begin het, vermoedelik weens ʼn elektriese fout,” het hy gesê. “Die gedeelte van die koshuis waar die seuns se kamers geleë is, is verwoes.”

Malindi het gesê die leerders word intussen by die Elgro-hotel op die dorp gehuisves totdat die departement ʼn langtermyn-oplossing kan bewerkstellig. Die departement sal ook onmiddellik gebeurlikheidsplanne gereed kry nadat die meeste leerders se handboeke in die brand verwoes is.

Kol. Sabata Mokgwabone, woordvoerder van die polisie, het gesê daar is in hierdie stadium nog geen saak by die polisie aangegee nie, maar die polisie sal die voorval ondersoek.

ʼn Woordvoerder van die skool het alle navrae na die departement verwys en gesê die skool is gevra om nie met die media te praat nie.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!