ʼn Siamese kat genaamd Cupcake het agt dae lank in ʼn boks oorleef nadat haar Britse eienaars haar per ongeluk gepos het.
Cupcake was in ʼn boks met ʼn bestelling van DVD’s wat van Cornwall in die suidweste van Engeland na West Sussex in suidsentraal Engeland gestuur is.
Die ontvanger het die gedehidreerde Cupcake in die boks saam met die DVD’s gevind en dadelik die dierebeskermingsvereniging (RSPCA) gekontak. Die RSPCA het die eienaars opgespoor danksy ʼn ingeplante mikroskyfie.
“Ons het oral na haar gesoek,” het Julie Baggott Sondag gesê. Sy het gesê sy voel vreeslik sleg oor dit wat met Cupcake gebeur het. Sy het glo die boks met die DVD’s geseël sonder om te sien dat Cupcake intussen ingeklim het.
Veeartse het besê Cupcake moet behandeling ontvang, maar sal na verwagting ten volle herstel. Hulle het bygevoeg dis ‘n wonderwerk dat die kat agt dae lank kon oorleef sonder kos of water.


