Quantcast
Channel: Nuus | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Kontant-vir-poste-skandaal: Angie moenie skrik vir Sadou nie, sê DA

$
0
0
skool-21.jpeg

Argieffoto

Die Demokratiese Alliansie het die minister van basiese onderwys gemaan om nie deur die onderwysersvakbond Sadou geïntimideer te word nie en om die sogenaamde kontant-vir-poste-verslag vry te stel, soos beplan.

“Die DA verwerp Sadou se poging Saterdag om die verslag af te maak nog voor dit in die openbaar vrygestel is,” het Gavin Davis, woordvoerder vir die DA, gesê.

Hy het gesê die vakbond speel “politieke speletjies” omdat hy bewus is dat die verslag die skade gaan blootlê wat die vakbond aan die onderwysstelsel aangerig het. Volgens hom sal die verslag wys hoe Sadou-beamptes omkoopgeld aanvaar het in ruil vir onderwysposte. Dit sal glo ook wys hoe ses uit die nege provinsiale onderwysdepartemente deur Sadou oorgeneem is.

“Ons doen ʼn beroep op minister [Angie] Motshekga om sterk te staan teen Sadou se intimidasie en om die kontant-vir-poste-verslag vry te stel binne die tydraamwerk waartoe sy haarself Donderdag verbind het,” het Davis bygevoeg. “Die tyd het aangebreek om Sadou se houvas op ons onderwysstelsel te verbreek. Dit is die enigste manier hoe ons gaan verseker dat leerders uit voorheen benadeelde agtergronde die geleenthede gaan kry wat hulle benodig om uit armoede te styg.”

Sadou het glo Saterdag gesê die verslag oor die ondersoek is nie geloofwaardig nie. Sadou is besorg dat die verslag aan die media uitgelek het voor die betrokke partye afskrifte ontvang het.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!