Die vakbond Solidariteit se dringende hofaansoek teen die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) sal Woensdag in die arbeidshof in Johannesburg aangehoor word. Solidariteit vra onder meer in die aansoek dat geen aanstelling of bevordering in die SAPD op die SAPD se huidige regstellendeaksieplan (vir die tydperk 2015-19) gebaseer moet word nie.
Solidariteit vra ook dat meer as 5 000 poste, wat in Februarie vanjaar geadverteer is, nie volgens die teikens van die polisie se huidige regstellendeaksieplan gevul moet word nie. Solidariteit meen dat dié plan, soos die polisie se vorige regstellendeaksieplan wat reeds ongeldig verklaar is, op ʼn kwotastelsel neerkom.
Die aansoek sal om 10:00 in die arbeidshof in Braamfontein gebring word.