Quantcast
Channel: Nuus | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Vermiste seuntjie ná 3 dae gevind

$
0
0

Sers. Clinton Odayar en sy snuffelhond, Danté, help met die soektog. Foto: SAPD

Sers. Clinton Odayar en sy snuffelhond, Danté, help met die soektog. Foto: SAPD

ʼn Polisiesoektog na ʼn 18-maande oue seuntjie het ʼn gelukkige einde gehad toe hy ná drie dae lewend gevind is.

Maj. Thulani Zwane, woordvoerder van die KwaZulu-Natalse polisie, het gesê polisiebeamptes is Saterdag na ʼn huis in Lindelani in Ntuzuma ontbied nadat die peuter uit sy ouerhuis vermis geraak het.

“Sers. Clinton Odayar het met behulp van sy snuffelhond, Danté, gehelp om oor die volgende paar dae na Samkelo Cele te soek,” het Zwane gesê. “Dinsdag omstreeks 10:00 het Odayar en Danté die kind opgespoor waar hy onder bosse in ʼn diep sloot gelê het. Hy was lewend en het net daar gelê en wag op hulp.”

Volgens Zwane is die kind na ʼn hospitaal geneem, maar was hy gelukkig nie ernstig beseer nie. Hy is reeds met sy ouers herenig.

Danté wat gehelp het om die vermiste seuntjie op te spoor. Foto: SAPD Sers. Clinton Odayar by Samkelo Cele in die hospitaal. Foto: SAPD

Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!