Quantcast
Channel: Nuus | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Zuma fokus op nierassisme op Menseregtedag

$
0
0
Suid-Afrikaanse vlag

Suid-Afrikaanse vlag

President Jacob Zuma sal Maandag, op Menseregtedag, die land se nasionale boodskap by die Moses Mabhida-stadion in Durban, KwaZulu-Natal lewer.

Die presidensie het in ʼn verklaring gesê Menseregtedag vind vanjaar plaas onder die tema, “Suid-Afrika verenig teen rassisme”.

“Die Menseregtedag-vieringe wil alle Suid-Afrikaners aan die opofferinge herinner wat gemaak is tydens die struggle vir vryheid en om die prestasie van vryheid en demokrasie in 1994 te vier,” lui die verklaring. “Die President het Menseregtedag 2016 aangewys as ʼn nasionale dag teen rassisme, en as ʼn basis om ʼn langtermynprogram te begin wat sal bou op ʼn nierassige samelewing.”

Menseregtedag word in die land gevier as ʼn gedagtenis aan die Sharpeville-slagting op 21 Maart 1960 toe inwoners van Sharpeville en burgers van dwarsoor die land betoog het teen pasboekwette. Polisiebeamptes het tydens die betoging 69 persone by Sharpeville doodgeskiet en talle ander is in ander dele van die land dood.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!