Quantcast
Channel: Nuus | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

ANC-NUK bevestig steun aan Zuma

$
0
0

Mantashe tydens die mediakonferensie. Foto: Jonisayi Maromo/ANA

Mantashe tydens die mediakonferensie. Foto: Jonisayi Maromo/ANA

Die ANC het Sondagaand tydens ʼn mediakonferensie die uitkoms van die vergadering van sy nasionale uitvoerende komitee (NUK) bekendgemaak.

Gwede Mantashe, sekretaris-generaal van die ANC, het vroeg in die mediakonferensie die NUK se steun aan pres. Jacob Zuma toegesê. “Die ANC-NUK het ʼn openhartige en robuuste gesprek gehad oor die ernstige bewerings rondom die Gupta-familie en hul beweerde invloed in die aanstelling van ministers, hul adjunkte en ander posisies in sleutelstaatsinstellings in hul belange.”

Mantashe het gesê daar is geen plek hiervoor in die ANC of sy regering nie aangesien dit die potensiaal het om die geloofwaardigheid en vertroue in die ANC-leierskap en regering te ondermyn. “Ons verwerp die idee van ʼn besigheid of familiegroep wat só invloed op die ANC wil hê met die minagting wat dit verdien, terwyl ons ook die behoefte sien om op te tree ten einde die integriteit van ons regering en ons organisasie te beskerm.”

Mantashe het benadruk dat die aanstelling van ministers en adjunkministers die uitsluitlike prerogatief van die president is. “Vir hierdie doel gaan die ANC voort om sy volle vertroue in ons president te bevestig.” Volgens Mantashe het die NUK beamptes en die nasionale werkkomitee (NWK) versoek om alle inligting oor die bewerings in te samel ten einde die toepaslike aksie te neem.

“Die ANC doen ʼn beroep op lede wat inligting het om die sekretaris-generaal se kantoor te nader. Die NUK sal ʼn gedragskode opstel vir ANC-lede wat sake met die staat doen.” Die NUK het verder sy “uiterste walging” uitgespreek teenoor onder meer berigte in The New Age, ANN7, asook City Press en ander media wat die ANC gebrandmerk het as ʼn “groep faksies vir een teen pres. Zuma”.

Op ʼn vraag van joernaliste het Mantashe verder bevestig dat lede van die ANC wel die week met die Gupta-familie sal vergader. “Ons sal hulle konfronteer indien dit nodig is.” Hy het ook gesê indien Duduzane Zuma, Zuma se seun, se sakebelange met die Gupta-familie ʼn invloed op die ANC het, daar opgetree sal word.

Op ʼn vraag of Zuma “gaan doen wat die mense wil hê jy moet doen”, naamlik bedank, het Mantashe gesê die kwessie om Zuma te herroep of vir hom om te bedank “is nie eens bespreek nie”. Mantashe het gesê dat die kwessie van kabinetskommelinge ook nie bespreek is nie, maar het wel gesê dat die ANC se “top-ses” altyd sal verwag om in besluite geken te word.

Mantashe het oor die ekonomie gesê die NUK het ʼn gedetailleerde voorlegging van die komitee vir ekonomiese transformasie ontvang oor die stand van die ekonomie. “Die voorlegging het gefokus op maatreëls om vertroue te herbou en groei te stimuleer.” Die NUK het ook sy steun toegesê aan die implementering van die Nasionale Ontwikkelingsplan en die negepuntplan wat Zuma in staatsrede aangekondig het.

Volgens Mantashe het die NUK versoek dat daar ʼn vinnige oplossing gekry moet word vir die openbare onmin tussen die minister van finansies en ander openbare agentskappe. Die NUK het sy volle vertroue in die minister bevestig.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!