Image may be NSFW.
Clik here to view.
ʼn Pa en seun is Saterdag dood toe hul boot op ʼn dam in KwaZulu-Natal omgeslaan het.
Clik here to view.

Argieffoto
Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, het gesê die dam is naby ʼn gastehuis in die KwaZulu-Natalse Middelande. Die pa en seun was glo saam met familie met vakansie ten tyde van die voorval.
Volgens Botha is hul liggame deur polisieduikers uit die water gehaal. “Die twee mans is op die toneel dood verklaar.” Geen verdere besonderhede, soos die oorledenes se ouderdomme, is in die stadium bekend nie.
Die voorval word ondersoek.