ʼn 38-jarige man is Saterdag op ʼn plaas in Meyerton in Gauteng doodgeskok.
Athlenda Mathe, woordvoerder van Netcare 911, het gesê die man het ’n boorgatmasjien hanteer toe hy glo omstreeks 14:30 met oorhoofse kragkabels in aanraking gekom het.
“Toe paramedici van Netcare 911 op die toneel gekom het, het hulle dadelik begin om hartmassering toe te pas. Hulle het sowat 30 minute tevergeefs probeer om die man by te bring. Hy is op die toneel dood verklaar,” het Mathe gesê.
Die polisie doen ʼn geregtelike doodsondersoek.