Quantcast
Channel: Nuus | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

[Foto’s] Twee oorleef strand-noodlanding

$
0
0
Die vliegtuig wat neergestort het. Foto: Crisis Medical

Die vliegtuig wat neergestort het. Foto: Crisis Medical

Twee mense het Saterdag ʼn noodlanding van ʼn ligte vliegtuig op ʼn strand in Durban oorleef.

Kyle van Reenen, woordvoerder van Crisis Medical, het aan Maroela Media bevestig die noodlanding het omstreeks 16:30 op die strand in Virginia plaasgevind.

“Die vlieënier en medevlieënier was gelukkig om die noodlanding te oorleef. Verskeie nooddienste is na die strand in die noorde van Durban ontbied,” het Van Reenen gesê.

Met hul aankoms is die vliegtuig halfpad in die water aangetref.

“Gelukkig het die vlieënier en medevlieënier geen beserings tydens die noodlanding opgedoen nie. Hulle is ondersoek en het nie mediese behandeling nodig gehad nie.”

Die rede vir die noodlanding is onbekend en word deur die Burgerlugvaartowerheid ondersoek.

Die vliegtuig wat neergestort het. Foto: Crisis Medical Die vliegtuig wat neergestort het. Foto: Crisis Medical Die vliegtuig wat neergestort het. Foto: Crisis Medical

Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!