Quantcast
Channel: Nuus | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Durban verloor miljoene liter water

$
0
0
Argieffoto

Argieffoto

Die minister van waterwese het Umgeni Water versoek om “dadelik in te gryp” om die stad Durban te help om sy waterlekkasies te stop.

Die stad het in 2015 erken dat hy nagenoeg 240 miljoen liter water per dag verloor weens ʼn afgeleefde infrastruktuur. Dit kos die eThekwini-munisipaliteit ongeveer R600 miljoen per jaar.

Die beraamde koste om die probleem aan te spreek beloop na beraming meer as R1,5 miljard oor vyf jaar.

Sibusiso Sithole, stadsbestuurder, het Dinsdag tydens ʼn vergadering van die uitvoerende raad van die munisipaliteit gesê as deel van die poging om die droogte op ʼn nasionale vlak te bestuur, en om water as ʼn faktor op nasionale vlak te ondersoek, is die munisipaliteit geïdentifiseer as een van die munisipaliteite wat ondersteuning van die nasionale regering nodig het.

Sithole het gesê die stad se hoof van water en sanitasie sal ʼn mandaat ontvang om met Umgeni Water en die departement van water en sanitasie te vergader om minister Nomvula Mokonyane se opdrag uit te voer.

Lede van die raad het die ingryping verwelkom, maar DA-raadslid Heinz de Boer het gesê dit wil voorkom of die bystand “bietjie laat” aangebied word. “Dit sou goed gewees het as ons vyf jaar, of selfs 10 jaar gelede, ʼn ingryping gehad het, want ons weet die waterverliese duur al minstens 15 tot 20 jaar voort,” het De Boer gesê. “Dit laat my die vraag vra wat ons strategieë rêrig behels om die waterverliese te voorkom.”

Volgens De Boer het die stad se eie hoof van water en sanitasie, Ednick Msweli, hulle nie as ʼn raad kom toespreek om te verduidelik wat presies hy beplan nie. “Msweli, Umgeni Water en die nasionale regering het dalk teenstrydige planne hoe om die waterkwessie op te los, en dit kan tot konflik lei,” het hy gesê.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!