Quantcast
Channel: Nuus | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Kubane moet SA dokters oplei, sê LUR

$
0
0
dokter

Foto: DarkoStojanovic/Pixabay.com

Sibongiseni Dhlomo, LUR vir gesondheid in KwaZulu-Natal, het die nasionale regering versoek om Kubaanse dokters aan te stel om Suid-Afrikaanse mediese studente op te lei.

Dhlomo het aan die finansiële portefeuljekomitee in Pietermaritzburg gesê hy glo dit sal meer kostedoeltreffend wees om Kubaanse dokters na Suid-Afrika te bring om plaaslike studente op te lei, eerder as om die studente na Kuba te stuur.

Dhlomo het gesê die program, waar Suid-Afrikaanse studente in Kuba opgelei word, is baie duur, maar hy het dit benadruk dat dié opleiding ongeëwenaar is.

“Ek het my versoek aan [minister van gesondheid] dr. Elias Motsoaledi en [minister van hoër onderwys] dr. Blade Nzimande gerig dat ons Kubaanse professionele persone moet kry om die opleiding van ons studente te hanteer,” het Dhlomo gesê. “Dit is meer kostedoeltreffend om 20 professionele persone te kry om 400 studente op te lei.”

Hy het gesê hy het onlangs besoek aan Angola afgelê waar só program in gebruik is. Dhlomo het gesê hy is oortuig dat ʼn soortgelyke program die antwoord sal wees op Suid-Afrika se tekort aan dokters.

“Wat doen mens om ʼn dokter op te lei? Jy het ʼn onderwyser, student en pasiënt nodig, en ons het dit hier in die provinsie,” het hy bygevoeg. “Dit is die beste opleiding in die wêreld. Hulle [die Kubane] het nie malaria nie, en daar is nie TB nie en die vroue sterf nie tydens kindergeboorte nie en dit is die beste resultate ooit in die wêreld.”

Die program, waar Suid-Afrikaners na Kuba gestuur word om mediese opleiding te ontvang, is onlangs weer onder die soeklig geplaas nadat sommige studente geskors is omdat hulle versuim het om aan die voorwaardes van hul kontrak te voldoen. Sommige studente het glo die grootste deel van die dag “gebid en gepreek” en dit het daartoe gelei dat hul akademiese prestasie agteruit gegaan het.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!