Quantcast
Channel: Nuus | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Man vermis ná kitsvloede in Pta

$
0
0
Die plek waar die man se motor deur vloedwater meegesleur is. Foto: Facebook

Die plek waar die man se motor deur vloedwater meegesleur is. Foto: Facebook

Swaar reën wat sedert Dinsdag oor Pretoria voorkom, het tot gevolg dat verskeie laagwaterbrûe in die stad oorspoel het. ʼn Grootskaalse reddingspoging is van stapel gestuur na ʼn man vermoedelik in sy motor deur die Apiesrivier meegesleur is.

Die Tshwane Metropolisie het motoriste gewaarsku dat verskeie paaie in Centurion, Rooiwal en die Moot-gebied gevaarlik oorspoel is.

In Centurion oorspoel die Hennopsrivier die laagwaterbrug in John Vorster-rylaan, Lenchenweg en Blackwoodweg. In die Rooiwal-omgewing, noord van Pretoria, is die Apiesrivier ook in vloed en die R101 by Sphinx en Honingnestkrans oorspoel. Die laagwaterbrug in Capital Park in die Moot is ook oorspoel.

Reddingswerkers op die toneel. Foto: Facebook

Reddingswerkers op die toneel. Foto: Facebook

Johan Pieterse, woordvoerder van die Tshwane-nooddienste, het aan Maroela Media gesê nooddienswerkers het hul hande vol met minstens drie voorvalle waar motors in vloedwater beland het en talle botsings weens die swaar reën en nat paaie.

ʼn Groot reddingspoging is teen 09:00 by die Apiesrivier by Honingnestkrans van stapel gestuur nadat ʼn motor deur vloedwater meegesleur is. “Die motor is diep in die rivier in meegesleur en het met sy wiele na bo gedryf. Dit was eers nie duidelik of daar iemand in die motor was nie. Ons kon egter al vasstel dat daar nie rekenskap van die eienaar van die voertuig gegee kan word nie,” het Pieterse gesê.

Hy het gesê die rivier vloei sterk en dit bemoeilik die reddingspoging. “Die water is ook baie vuil en sigbaarheid is baie swak. So, die polisieduikers moet onder die water voel wat aangaan.” Die soektog na die 40-jarige eienaar duur voort en reddingswerkers probeer om by die motor uit te kom.

Hy het gesê in die ander twee voorvalle waar motors deur vloedwater meegesleur is, kon die bestuurders self daarin slaag om uit die motors te kom. Buiten die man wat vermis word, is geen ander lewensverlies tot dusver aangemeld nie. Verskeie mense is egter beseer in verskeie ongelukke oor die hele stad.

Pieterse het ʼn beroep op motoriste gedoen om versigtig te ry op die nat paaie, en om in geen omstandighede ʼn pad oor te steek of te gebruik as die grondoppervlak nie sigbaar is nie.

Hy het gewaarsku dat die vloede moontlik nog lank kan voortduur met swaar reën wat steeds val en vir nog ʼn week voorspel word.

Die Tshwane-nooddienste is sedert Dinsdag op ʼn hoëgereedheidsgrondslag geplaas nadat die Suid-Afrikaanse Weerdiens gewaarsku het dat swaar reënval moontlik kitsvloede in Pretoria kan veroorsaak.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!