Quantcast
Channel: Nuus | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Nog ʼn Ikeys-student verkrag

$
0
0

Die Rhodes-gedenkteken in Kaapstad Foto: Pixabay

Die Rhodes-gedenkteken in Kaapstad Foto: Pixabay

Die Universiteit van Kaapstad (UK) het bevestig dat nog ʼn student wreed aangeval en verkrag is.

Gerda Kruger, woordvoerder van die universiteit, het gesê die voorval het Dinsdagaand plaasgevind. “Die student het in die gebied naby die brug by Princess Anne-weg in Newlands gedraf toe ’n man haar aangeval, met ʼn mes gedreig en erg aangerand het. Hy het haar in die bosse ingetrek in die rigting van die gebied naby die Rhodes-gedenkteken. Die man het haar vir ure aangehou en verkrag. Hy het haar later gedwing om na ’n vulstasie te stap en toe kon sy daarin slaag om te ontsnap en hulp te ontbied.”

Volgens Kruger is die universiteit eers laat Woensdagaand van die voorval in kennis gestel. “Hoewel ons nie seker kan wees nie, blyk dit dat daar ooreenkomste is met die drie vorige aanvalle wat naby die Rhodes-gedenkteken plaasgevind het en dat dit moontlik dieselfde persoon is wat die misdade gepleeg het.”

Kruger het gesê die student wat by die mees onlangse voorval betrokke was, is in die hospitaal opgeneem en dat die universiteit haar bystaan. “UK werk ook nou saam met die polisie aangesien ons weet die soektog na die aanvaller gaan voort in alle erns. Ons deel in die pyn van elkeen wat so aangeval en geskend word.”

Volgens Kruger doen die universiteit alles in sy vermoë om studente en personeel te beskerm. “Die werklikheid is ongelukkig dat ons nie elke dag die bewegings van 35 000 mense kan monitor nie. Dit is ’n gruwelike gedagte dat die persoon enige oomblik weer kan toeslaan.”

Kruger het studente gemaan om versigtig en bewus van hul omgewing te wees. Kruger het gesê die universiteit het intussen ʼn reaksiespan vir seksuele aanrandings op die been gebring om bystand aan studente te verskaf.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!