Quantcast
Channel: Nuus | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Pta-matrone geskors oor k-woord

$
0
0
Steve Biko-hospitaal Foto: pah.org.za

Steve Biko-hospitaal Foto: pah.org.za

ʼn Kraamsaalmatrone by die Steve Biko-hospitaal in Pretoria is met onmiddellike effek geskors weens bewerings van rassisme teen haar.

Steve Mabona, woordvoerder van die Gautengse departement van gesondheid, het Woensdag aan Maroela Media gesê susters wat aan die matrone ondergeskik is, het onder meer gekla dat sy die k-woord gebruik om na hulle te verwys.

“Daar is ook klagtes van viktimisasie teen haar gelê. Die klagtes is Vrydag aanhangig gemaak en die departement het besluit om haar te skors hangende die uitkoms van ʼn dringende ondersoek oor die beweringe,” het Mabona gesê.

Mabona het gesê die hospitaal het ʼn ondersoekspan aangestel om die ondersoek te hanteer en die waarheid van die bewerings te toets.

Qedani Mahlangu, die Gautengse LUR van gesondheid, het die ondersoek bevestig en gesê geen vorm van rassisme sal in enige van die departement se fasiliteite geduld word nie.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!