Quantcast
Channel: Nuus | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Gesin op Rustenburg-kleinhoewe oorval

$
0
0

Die Scheepers-gesin. Foto: Verskaf

Die Scheepers-gesin. Foto: Verskaf

“Die Here was saam met ons in die huis. As Hy nie daar was nie, sou ek vandag dood gewees het.”

Só het Zach Scheepers (30) vertel nadat vyf gewapende rowers die gesin se huis op ʼn kleinhoewe buite Rustenburg in Noordwes binnegekom en op hulle losgebrand het.

Zach het aan Maroela Media vertel hoe hy Dinsdag omstreeks 01:00 wakker geword het toe hulle chihuahua-hondjie in die kamer begin blaf het. “Toe ek my oë oopmaak, het ek net die wit lig van ʼn flits en ʼn pistool wat op my gerig is, gesien,” het hy gesê.

Voordat hy nog kon regop sit, het die hond die rower aan sy broek gegryp en hy het die hond probeer wegskop. In die proses het die rower ʼn skoot afgevuur wat Zach se vrou, Brigette, langs hom in die bed getref het. Zach kon daarin slaag om sy 9 mm-pistool langs hom te gryp en het twee skote op die rower afgevuur.

“Met die eerste skoot het hy geval en die tweede skoot het bo-oor hom gegaan. Hy het regop gespring en uit die kamer gehardloop en aanhou in ons rigting skiet soos hy gehardloop het,” het Zach gesê. Van buite kon Zach ook hoor hoe nog rowers op die huis losbrand.

Zach het uit die kamer gehardloop en dadelik sy sewejarige seun en agtjarige dogter uit hul kamers gaan haal en na die hoofslaapkamer gebring. “In die kamer het my vrou teen die kas gesit en vir my gesê sy is geskiet. Die hele tyd kon ons skote hoor afgaan soos hulle aanhou skiet het, seker om te verhoed dat ek agter hulle aangaan,” het hy gesê.

Zach het in die gang agter ʼn muur gehurk sodat hy kon dophou as iemand weer in die gang afkom en met sy selfoon hulp ontbied. “Binne minute was van ons vriende en bure daar met vuurwapens en honde en omtrent tien minute ná hulle het die polisie ook daar aangekom,” het hy gesê.

Volgens Zach het die skote wat in die kamer afgevuur is deur die muur in sy dogter se kamer gedring. “Die een is ʼn duim of twee bokant haar kop deur die muur en die ander een is net onder haar lyfie deur die muur in die matras en toe in die vloer in. Dit het haar net-net gemis. Die Here was daar.”

Brigette is gelukkig nie ernstig beseer nie. Volgens Zach het die koeël haar in haar boud getref en is weer by haar rug uit. Sy moes steke kry om die wond te heg, maar is nie gehospitaliseer nie.

Hulle het later gesien dat die rowers ʼn sloot onder die elektriese heining deur gegrawe het, stokke gebruik het om die heining op te lig en die gloeilampe van die buiteligte uitgedraai het. Hulle het daarna een van vensterrame en glas uitgehaal, die diefwering afgebreek en ʼn veiligheidshek na die res van die huis oopgebreek om die slaapkamers te bereik. Die gesin se twee Duitse pointers is ook gif ingegee, maar albei het gelukkig oorleef.

“Ek het nou vir my ʼn tronk gebou. Ons het nog veiligheidshekke opgesit, groot spreiligte buite, ons het die elektriese heining verbeter sodat die alarm afgaan as iemand dit oplig, daar is sensors op die deure en ons twee kinders slaap nou saam met ons in die kamer. Dis maar wat ʼn ou moet doen om veilig te wees,” het hy gesê.

Kol. Sabata Mokgwabone, woordvoerder van die polisie, het die voorval bevestig en gesê die polisie is op soek na vyf verdagtes.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!