Quantcast
Channel: Nuus | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Begrotingsrede 2016: ‘Regering sy eie grootste vyand’

$
0
0

Minister Pravin Gordhan. Foto: GCIS

Minister Pravin Gordhan. Foto: GCIS

Die sakeregte-waghond AfriSake is van mening dat Suid-Afrika tans deur een van die uitdagendste tydperke sedert die draai van die millennium in die gesig staar word met inagneming van die begrotingsrede wat Pravin Gordhan, minister van finansies, Woensdag gaan lewer.

Stefan Pieterse, AfriSake se nasionale woordvoerder, voorspel dat staatskuld, onbekwame staatslui, sosiale oorspandering asook swak politieke en ekonomiese beleid geensins ingeperk gaan word nie, maar eerder gaan toeneem en uitbrei, veral met die oog op die komende munisipale verkiesings en gepaardgaande verkiesingsbeloftes. Nasionalisering sal ook opnuut as oplossing vir die land se finansiële verknorsing voorgehou word.

Volgens Pieterse het die regering ernstige finansiële probleme. “Terwyl die regering nuwe projekte soos die nasionale gesondheidsversekering (NGV) wil implementeer – ʼn projek wat belastingbetalers nagenoeg R256 miljard per jaar uit die sak gaan jaag – voer hulle self aan dat die ekonomie teen 3,5% per jaar moet groei ten einde dit te implementeer,” het Pieterse gesê.

In hierdie stadium is die regering dus sy eie grootste vyand weens groeiende staatskuld sowel as die implementering van vernietigende beleid en wetgewing, soos byvoorbeeld die onlangse wetsontwerp op onteiening, wat buitelandse beleggers en maatskappye landuit jaag.

“Pres. Zuma voer aan dat Suid-Afrika oop is vir besigheid, maar die feite vertel egter ʼn ander storie,” het Pieterse gesê.

Volgens Armand Greyling, regs- en beleidsanalis van AfriSake, lyk dit nie of daar radikale nuwe beleidsrigtings verwag kan word nie. Ten spyte hiervan kan Gordhan steeds maatreëls aankondig om die land se ekonomie terug op koers te kry.  So ʼn inisiatief sal bestaan uit twee dele, naamlik:

Wat die staat moet ophou doen:

  • Hou op om reddingsboeie aan mislukte staatsinstellings te voorsien;
  • Staak die finansiering van die mislukte grondhervormingsproses, en kontrakteer die grondrestitusieproses uit na die private sektor. Dit sal Suid-Afrika se grondpolitiek vinnig tot bedaring bring teen ʼn laer koste;
  • Stop die groei in sosiale welsynbesteding, en wentel dit af.

Wat die staat behoort te doen:

  • Belê in belastingbetalers deur belastings te verlaag, eerder as om belastinggeld in groot egosentriese projekte te bestee. Dit sal die bykomende voordeel inhou dat korrupsie en wanbestuur gelyktydig sal afneem.
  • Skrap Swart Ekonomiese Bemagtiging en Regstellende Aksie;
  • Privatiseer alle staatsinstellings;
  • Dra alle grond in staatsbesit oor aan arm mense en formaliseer informele nedersettings en tradisionele grond.

Volgens Greyling is die beste manier waarop inklusiewe ekonomiese groei in Suid-Afrika bereik kan word, deur ʼn volkome vryemarkstelsel te implementeer. “So ʼn stelsel sal geleenthede daarstel vir alle landsburgers om op ʼn gelyke basis met mekaar mee te ding, en sal geensins beperkings plaas op hoe of met wie handel gedryf mag word nie. Slegs deur die aanvaarding en toepassing van vryemarkbeginsels sal alle landburgers tot hul reg kan kom. Individue en gemeenskappe wat self verantwoordelikheid vir hul toekoms kan neem, sal lei tot ʼn sterker en inklusiewe ekonomie.”


Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!