Quantcast
Channel: Nuus | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Man glo van bewegende trein gegooi

$
0
0
Argieffoto.

Argieffoto.

ʼn 23-jarige man is in ʼn kritieke toestand na ʼn hospitaal geneem nadat hy Maandagaand na bewering van ʼn bewegende trein naby die Vereeniging-stasie in Gauteng gegooi is.

Werner Vermaak, woordvoerder van ER24, het gesê treinpassasiers het gesien hoe die man uit die trein gegooi word en het veiligheidsbeamptes daarvan in kennis gestel.

“Met paramedici se aankoms is die jong man naby die treinspoor aangetref. Een van sy bene is baie erg beseer,” het Vermaak gesê.

Die man is op die toneel gestabiliseer en na die Sebokeng-hospitaal geneem vir verdere behandeling.

Die polisie ondersoek die saak.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621