Quantcast
Channel: Nuus | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Kenners evalueer skag by Lily-myn

$
0
0

'n Lugfoto van die ineenstorting. Foto: JacarandaFM via Mpumalanga EMS

‘n Lugfoto van die ineenstorting. Foto: JacarandaFM via Mpumalanga EMS

Geologiese kenners was Dinsdag steeds besig om te bepaal of dit veilig is om reddingswerkers weer ondergronds te stuur by die Lily-myn waar drie mynwerkers al 11 dae lank vasgekeer is.

Mike Begg, die operasionele bestuurder van die myn naby Barberton in Mpumalanga, het gesê die evaluasie vorm deel van ʼn 48 uur lange ondersoek om die stabiliteit van die skag te bepaal. “Dit lyk asof alles oornag stabiel was, so ek neem vandag ʼn span ondergronds om die gebied rondom die skag te evalueer waar ons gewerk het tydens die reddingsaksies,” het Begg gesê.

“Ons moet basies gaan kyk of die skag nog ongeskonde is. Daarna moet ons ʼn tweede ontsnappingsroete bepaal. Dit is vir nou die belangrikste wat gedoen moet word. Op die oomblik oorweeg ons verskillende opsies.”

Hy het beklemtoon dat reddingswerkers eers weer ondergronds sal gaan wanneer die evaluering voltooi is.

Die Lily-myn is tans gesluit en reddingsaksies is heeltemal gestaak ná twee ineenstortings die afgelope naweek in die gat waar die mynwerkers vasgekeer is. Geologiese kenners het Vantage Goldfields Maandag aangeraai om nie reddingswerkers toe te laat om ondergronds te gaan nie, omdat dit te gevaarlik is.

Intussen sou die voorsitter van die parlement se portefeuljekomitee vir minerale hulpbronne, Sahlulele Luzipo, en die voorsitter van die portefeuljekomitee vir arbeid, Lumka Yengeni, die myn Dinsdag besoek het.

Vantage Goldfields het Saterdag gesê hy sal R200 000 aan die families van elk van die drie mynwerkers gee wat steeds vasgekeer is. Die ander 76 werkers wat gered is, sal elk R50 000 vergoeding ontvang.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!