Quantcast
Channel: Nuus | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Schalk is ontslaan; kry bekende besoekers

$
0
0
Fourie du Preez, Schalk Viljoen en Bouwer Bosch, Maandag in die hospitaal. Foto: Verskaf

Fourie du Preez, Schalk Viljoen en Bouwer Bosch, Maandag in die hospitaal. Foto: Verskaf

Altesaam 25 dae nadat ʼn kritiek beseerde Schalk Viljoen (16) by die waakeenheid van die Muelmed-hospitaal in Pretoria ingedra is nadat hy deur ʼn snelbus voor sy skool getref is, het hy Maandagmiddag sonder komplikasies self daar uitgestap.

Dit volg kort nadat hy deur twee van sy gunsteling-bekendes, Fourie du Preez en Bouwer Bosch, in die hospitaal besoek is. Bosch het Schalk se verhaal op Maroela Media gevolg en in een van die foto’s wat by die berigte gebruik is, gesien Schalk dra een van sy gewilde Liefde Wen-sweetpakbaadjies. Hy het Schalk se verhaal as roerend beskryf en deur Maroela Media kontak met Schalk se ouers gemaak om hom te besoek. Bouwer het ná sy besoek ʼn foto van hulle drie op sosiale media gedeel en gesê: “Wat ʼn voorreg om hom te kon ontmoet. Google sy storie. Dit is meer epies as ʼn Game of Thrones-episode!”

“Schalk is by die huis en natuurlik baie gelukkig om tuis te wees,” het Marianne van der Laarse, die familie se woordvoerder, Dinsdag aan Maroela Media gesê. “Hy het gesê dit was ‘awesome’ en ‘great’ dat Fourie en Bouwer tyd vir hom gemaak het.”

Van der Laarse het gesê Schalk se dokters is baie tevrede met sy vinnige herstel. “Hy het geen permanente breinskade opgedoen nie en benodig geen verdere rehabilitasie nie. Dit is ongelooflik!”

Sy het gesê Schalk is nog vir ʼn onbepaalde tyd op siekverlof sodat hy rustig by die huis verder kan herstel.

Schalk, ʼn gr. 11-leerder aan die Afrikaans Hoër Seunskool (Affies), is op 22 Januarie in die Rea Vaya-buslaan in Lynnwoodweg tussen Afrikaans Hoër Seuns- en Afrikaans Hoër Meisieskool raakgery toe hy die straat by die voetoorgang wou oorsteek. Die bus het hom gestamp en hy is deur die trefslag op ʼn ander voertuig geslinger. Hy het ʼn erge kopwond opgedoen en is dieselfde dag geopereer om drukking op sy brein te verlig. Hy is daarna in ʼn geïnduseerde koma geplaas en stelselmatig wakker gemaak. Hy is verlede week uit die waakeenheid na ʼn algemene saal oorgeplaas.

Dirk Taljard, die skool se woordvoerder, het Dinsdag aan Maroela Media gesê Schalk se ongeluk was die eerste van sy soort sedert die snelbusdiens sowat ʼn jaar gelede daar in bedryf gekom het. “Die verkeer voor die skool is ʼn groot probleem en ʼn kopseer. Die skool se beheerliggaam was in gesprekke met die busdiens en die Tshwane-metro en ons sal binnekort terugvoer daarvan in ʼn persverklaring deurgee,” het Taljard gesê.

Lees alle vorige berigte oor Schalk Viljoen op Maroela Media.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!