Quantcast
Channel: Nuus | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Veteraanjoernalis gekap oor krieket-twiet

$
0
0

Retief se twiet

Retief se twiet

Krieket Suid-Afrika (KSA) het gesê hy het “sterk aanstoot” geneem oor ʼn twiet deur die veteraan-sportjoernalis Dan Retief.

Retief het nadat die Proteas die eendagreeks oor Engeland beklink het, getwiet: “Suid-Afrika tot oorwinning gedra deur twee wit Afrikaners . . . politici en mediakommentators neem kennis . . . vir wat dit werd is.” Dit het gevolg nadat kaptein AB de Villiers en David Wiese die wenlopies geslaan het.

Haroon Lorgat, uitvoerende hoof van KSA, het gesê die twiet was “onsensitief en uiters teleurstellend”. “AB de Villiers het die ontevredenheid wat die twiet vir die Protea-span veroorsaak het aan my oorgedra.”

“Enigiemand wat die spel van krieket en veral die Proteas verstaan, sal weet dat die oorwinning moontlik gemaak is deur ’n groot spanpoging. Ons is bevoorreg en baie trots om ’n diverse groep van spelers te hê wat soos één speel.”

KSA het gesê hy neem kennis dat Retief intussen om verskoning gevra het vir die twiet. “Haai, almal. Ek vra onvoorwaardelik om verskoning indien ek julle ontstel het. Dit was ʼn lomp manier om die Suid-Afrikaanse gesprek te betree. Ons is almal een. Jammer,” het Retief later getwiet.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!