Quantcast
Channel: Nuus | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Buitelandse toeris geskiet toe hy ryloop

$
0
0

Argieffoto (Foto: imgkid.com)

Argieffoto (Foto: imgkid.com)

ʼn Buitelandse toeris word in ʼn hospitaal behandel nadat hy Vrydagmiddag in die rug geskiet is deur mense wat hom ʼn saamrygeleentheid aangebied het.

Kapt. Sandra Janse van Rensburg, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê twee buitelanders, onderskeidelik van Zimbabwe en Nigerië, het op die N2 naby Port Elizabeth geryloop toe hulle deur mense in ʼn dubbelkajuitbakkie opgelaai is.

“Die mans het vir ʼn geleentheid George toe gevra, maar die bakkie het in Port Elizabeth in die rigting van Colleen Glen gery. Toe die toeriste sien die bakkie ry nie in die rigting van George nie, het hulle gevra om af te klim,” het Janse van Rensburg gesê.

Toe die bakkie stilhou, het die mense in die bakkie glo uitgespring, ʼn vuurwapen op die mans gerig en geld geëis. Die twee buitelanders het weggehardloop en twee skote is afgevuur. Een van die buitelanders is in die rug getref.

“Hy is in die hospitaal opgeneem. Dit is nie bekend hoe ernstig sy toestand is nie,” het Janse van Rensburg gesê.

ʼn Saak van poging tot moord en poging tot roof word ondersoek.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!