Quantcast
Channel: Nuus | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Man swaar gevonnis vir vrou se ontvoering, moord

$
0
0

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Oos-Kaapse man is Vrydag drie lewenslange vonnisse opgelê vir die ontvoering, verkragting en brutale moord van ʼn jong vrou van Butterworth.

Kapt. Jackson Manatha, woordvoerder van die polisie, het gesê Luthando Qwele (31) is skuldig bevind vir die ontvoering, verkragting, roof en moord op Lutho Qhudalele (19) in Augustus 2014.

Volgens Manatha het Qhudalele vermis geraak nadat sy die oggend van 9 Augustus na haar ma se kleuterskool in die Ngcingwana-nedersetting in Dutywa gestap het. Sy is vir die laaste keer naby die kleuterskool gesien.

Nadat Qhudalele nooit by die kleuterskool opgedaag het nie, is sy aanvanklik as vermis by die polisie aangemeld. Haar liggaam is egter later gevind waar dit in ʼn rivier, ʼn paar kilometer van haar huis af, gedryf het.

“Qwele is in September 2014 deur die ondersoekspan in die sakesentrum van Mount Frere opgespoor en in hegtenis geneem,” het Manatha gesê. “Hy is Vrydag in die Mthatha-hooggeregshof gevonnis.”

Brig. Stanley Sibhidla, die bevelvoerder van die Butterworth polisie, het die ondersoekspan gelukgewens met die ondersoek en gesê hy hoop Qwele se swaar vonnis sal as afskrikmiddel vir ander potensiële misdadigers dien.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!