Quantcast
Channel: Nuus | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Basjir-saak voor Appèlhof aangehoor

$
0
0

Omar al-Basjir, president van Soedan

Omar al-Basjir, president van Soedan

Het die regering die wet oortree toe hulle die Soedanese president, Omar al-Basjir, toegelaat het om die land verlede jaar te verlaat, ten spyte daarvan dat die Internasionale Strafhof ʼn lasbrief vir sy inhegtenisneming uitgereik het? Of het die regering bloot die beginsels van ʼn staatshoof se immuniteit korrek toegepas?

Dié kwessie is Vrydag in die Appèlhof gedebatteer toe die regering aansoek gedoen het om teen ʼn vroeëre besluit van die hooggeregshof in Pretoria te appelleer dat dit ongrondwetlik was om Basjir nie in hegtenis te neem nie. Die saak is tydens ʼn spesiale sitting van die Appèlhof aangehoor, aangesien die hof se nuwe termyn eintlik eers Maandag begin.

Basjir het Suid-Afrika in Junie verlede jaar besoek, toe hy die Afrika Unie-beraad bygewoon het. Ten tyde van sy besoek het die internasionale strafhof twee lasbriewe van inhegtenisneming vir Basjir uitgereik in verband met volksmoord, oorlogsmisdade en misdade teen die mense van Darfoer in Soedan.

Volgens die Suid-Afrikaanse Litigasiesentrum was Suid-Afrika, as lid van die internasionale strafhof, verplig om gehoor te gee aan die lasbrief en Basjir in hegtenis te neem. Twaalf regeringsinstansies, insluitend die ministers van justisie, polisie en binnelandse sake, het egter Vrydag in ʼn voorlegging aan die hof aangevoer immuniteit is die fundamentele beleid van internasionale wetgewing.

Hulle beweer daar was geen verwikkeling in internasionale gewoontereg wat die persoonlike immuniteit van ʼn staatshoof afskaf nie en dus was sy immuniteit steeds van toepassing in die konteks van internasionale misdade. Dus was Suid-Afrika wetlik verplig om Basjir se persoonlike immuniteit te respekteer.

Volgens die staat se regspan het geen hof in die wêreld al ooit die inhegtenisneming van ‘n staatshoof beveel nie. Hulle het ook genoem dat die uitspraak van die hooggeregshof verreikende gevolge vir Basjir inhou, aangesien hy nou verhoed word om na of deur Suid-Afrika te reis. Dit het ook ingrypende regsgevolge, aangesien dit Suid-Afrika aanspreeklik maak onder internasionale wetgewing.

Die staat het sy argument afgesluit deur regsskrywers se argumente aan te haal dat Basjir slegs wettig in hegtenis geneem kan word as sy immuniteit as staatshoof opgeskort word.

Dit kan slegs gebeur as die Soedanese regering sy immuniteit opskort, indien die nuwe Veiligheidsraad ʼn verpligting op die VN-ledestate stel dat hulle ʼn lasbrief vir inhegtenisname moet gehoorsaam of as Basjir uit sy pos verwyder word.

Die hof het uitspraak voorbehou.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!