Quantcast
Channel: Nuus | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Jong man sterf onder bus: ‘Hy het so uitgesien na die toekoms’

$
0
0

Pieter Lamb en sy vriendin, Tishka Knoesen. Foto: Verskaf

Pieter Lamb en sy vriendin, Tishka Knoesen. Foto: Verskaf

ʼn Jong man wat opgewonde was oor sy toekoms nadat hy pas gehoor het dat hy ʼn bevordering by die werk gekry het, se lewe het dieselfde dag tot ʼn tragiese einde gekom toe hy in ʼn motorfietsongeluk dood is.

Pieter Lamb (19) is Woensdagmiddag dood nadat ʼn bus hom op die hoek van Hendrik Verwoerdrylaan en Jakarandastraat in Hennopspark in Centurion raakgery het. Lamb het onder die bus beland en is op slag dood.

Gloudie van der Walt, Pieter se ma, het Vrydag aan Maroela Media gesê Pieter het dié dag gehoor hy is by sy werk bevorder en word na ʼn ander departement geskuif. Hy het vir die hardeware-kettingwinkelgroep, Chamberlains, gewerk.

“Hy was so opgewonde oor sy bevordering en het so uitgesien na sy toekoms. Hy was so ʼn dinamiese kind en was regtig op pad boontoe in die lewe. En toe eindig alles net so?” het sy hartseer gesê.

Volgens Van der Walt was Lamb op pad gimnasium toe, toe die ongeluk gebeur het. “Hy het net na 17:00 met sy meisie, Tishka, gepraat en gesê hy gaan nou oefen. Iemand wat in dieselfde woonstelblok as Pieter bly, was reg agter die bus en het gesien hoe die ongeluk gebeur,” het sy gesê.

Van der Walt het verduidelik ʼn voorlopige ondersoek dui daarop Lamb wou reguit oor die kruising ry, toe die bus vanuit die regterbaan links gedraai en in hom vasgery het. Hy is op slag dood.

“Almal was so geskok en hartseer om te hoor wat gebeur het – al sy kollegas en vriende van Hoërskool Zwartkop [waar hy in 2014 matrikuleer het]. Hy was so ʼn geliefde mens. Almal was mal oor hom, want hy het net altyd ʼn glimlag op sy gesig gehad,” het sy gesê. “Dit is vir Tishka en haar ouers net so moeilik soos vir ons, want hy was soos ʼn kind in hul huis.”

Sy het gesê sy sal Lamb altyd onthou oor die groot glimlag op sy gesig. “Hy was my happy-go-lucky kind vir wie alles in die lewe so maklik was.”

ʼn Gedenkdiens vir Lamb sal na verwagting Woensdag in Centurion gehou word. Hy sal daarna begrawe word.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!