Quantcast
Channel: Nuus | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Vrou kritiek na sprong uit brandende voertuig

$
0
0

Foto: ER24

Foto: ER24

ʼn Vrou is in ʼn kritieke toestand in die hospitaal nadat sy Vrydag uit ʼn bewegende voertuig wat aan die brand geraak het, gespring het.

Pieter Rossouw, woordvoerder van ER24, het gesê die voorval het op die N12 naby Fochville plaasgevind.

“Die voertuig het glo aan die brand geslaan toe iets in die bakkie vonke veroorsaak het. Een van die passasiers het die vlamme gesien en uit die bewegende voertuig gespring,” het hy gesê. “Die bestuurder het die voertuig tot stilstand gebring en al die insittendes het uitgespring.”

Volgens Rossouw het ʼn kleuter, wat ook in die bakkie was, geringe beserings opgedoen, maar die twee ander volwassenes was ongedeerd.

“Die beseerde vrou was in ʼn kritieke toestand en moes per helikopter na die Chris Hani Baragwanath-hospitaal geneem word. Die kleuter is deur ʼn ander ambulansdiens hospitaal toe geneem,” het Rossouw gesê.

Die oorsaak van die brand is nie bekend nie en sal deur die polisie ondersoek word.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!