“Die kwessie is nie of die parlement na Pretoria geskuif moet word om regeringsbesteding te verminder nie. Die kernkwessie is dat die regering te groot is,” het De Lille gesê. “Die nasionale regering moet die meeste lede van die kabinet sny en die parlement rasionaliseer om die belastingbetaler geld te spaar en doeltreffender te laat werk.”
Pres. Jacob Zuma het Donderdagaand gedurende sy staatsrede gesê dat die parlement dringend die kwessie van twee hoofstede moet oorweeg, waar Pretoria tans die land se uitvoerende hoofstad en Kaapstad die wetgewende hoofstad is.
Volgens Zuma is die koste van twee hoofstede te groot, aangesien dit beteken dat lede in die Uitvoerende Raad twee huise moet hê, een in Pretoria en een in Kaapstad, asook twee motors moet hê, een in Pretoria en een in Kaapstad, en ʼn aantal beamptes wat op en af moet reis en in hotelle tuisgaan.
Zuma het gesê deur die parlement na Pretoria te skuif sal administratiewe koste verminder word.