Quantcast
Channel: Nuus | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Maties hof toe gesleep oor kwotas vir mediese studente

$
0
0

dokter

Foto: DarkoStojanovic/Pixabay.com

Die vakbond Solidariteit het Woensdag met regsaksie teen Universiteit Stellenbosch (US) begin na aanleiding daarvan dat voornemende mediese studente glo op grond van hul ras gekeur word om aan die instelling te studeer.

Die vakbond het in ʼn verklaring gesê dat 67% van studiegeleenthede vir mediese studente gereserveer word vir bruin, swart en Indiër-aansoekers, terwyl slegs 33% van dié geleenthede oopgestel is vir enige aansoeker, ongeag ras. Solidariteit het beklemtoon dat hoewel die 33% oopgestel is, het ʼn wit persoon persentasiegewys ʼn baie kleiner kans om toelating te kry as gevolg van die groot aantal mededingers wat vir die minimum vereistes kwalifiseer en dan aansoek doen.

Anton van der Bijl, hoof van Solidariteit se Sentrum vir Billike Arbeidspraktyke, het gesê hierdie keuringsproses is gegrond op ’n rigiede toepassing van ’n kwotastelsel. “’n Persoon se toelating word suiwer beoordeel op ’n rigiede numeriese doelwit wat gestel word,” het hy gesê. “’n Wit persoon, ongeag hoe goed die persoon presteer en hoe benadeel die spesifieke individu was of is, sal altyd net ʼn 33%-kans hê om medies by Stellenbosch te studeer.”

Die arbeidshof het onlangs in ’n uitspraak teen die SAPD ten gunste van Solidariteit beslis dat regstellende aksie wat klakkelose en absolute teikens nastreef, sonder om enige ander faktore in ag te neem, onwettig en ongeldig is.

Volgens Van der Bijl ondersteun Maties se bestuur dus ooglopend ’n stelsel van kwotas wat nou as ongrondwetlik bewys is. “Die stelsel moet hersien word om dit met wetgewing te belyn,” het Van der Bijl gesê.

Maroela Media het US vir kommentaar genader en wag tans op terugvoer.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!