Quantcast
Channel: Nuus | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Lily-myn: Reddingswerkers glo meters van vasgekeerde myners

$
0
0

'n Lugfoto van die ineenstorting. Foto: JacarandaFM via Mpumalanga EMS

‘n Lugfoto van die ineenstorting. Foto: JacarandaFM via Mpumalanga EMS

Reddingspogings is tans vir die sesde agtereenvolgende dag by die Lily-myn in Barberton, Mpumalanga onderweg, maar daar is steeds geen teken van die drie mynwerkers wat onder die grond en puin vasgekeer is nie.

Quintus Sliep, die vakbond Solidariteit se Lydenburg-organiseerder, is op die toneel en het aan Maroela Media gesê groot reddingspanne werk 24 uur van die dag, maar die terrein is uiters onstabiel, wat die reddingspoging bemoeilik.

Maroela Media het vroeër berig ʼn gedeelte van die Lily-myn het Vrydag ineengestort toe ʼn kroonpilaar meegegee het. Die drie werkers, Pretty Mabuza, Yvonne Mnisi en Solomon Nyarenda, wat vermis word, was ten tyde van die voorval bo die oppervlak in ʼn skeepshouer wat as lampkamer gebruik is, wat tydens die ongeluk onder puin en grond verdwyn het.

Volgens berigte het die skeepshouer in ʼn sinkgat van dieper as 100m verdwyn, maar het elektromagnetiese toerusting bepaal dat reddingswerkers nou sowat 12m van die houer af is. Die reddingswerkers verwys nou glo na die huidige tydperk in die reddingsoperasie as die “rooisone”, wanneer dit fisiologies onwaarskynlik is dat mense so lank sonder genoeg suurstof, water en ander lewensbelangrike elemente sal oorleef.

Volgens Sliep het Joseph Mathenjwa, president van Amcu, die media vroeër Woensdag toegespreek en gesê hulle het steeds hoop die mynwerkers sal lewend gevind word. Die familie van die vermiste werkers is toegelaat om die perseel binne te gaan, terwyl die media en ander omstanders buite die hekke wag op nuus.

Die mynbestuur het vroeër vandeesweek gesê hulle het “kommunikasie” met die mynwerkers bewerkstellig. Maroela Media verneem seismiese toerusting is glo gebruik om ʼn geluid van onder die grond waar te neem, wat die hoop skep dat die mynwerkers steeds lewe.

Mike McChesney, uitvoerende direkteur van Vantage Goldfields, het gesê hoewel reddingspanne net 12m weg van die werkers af is, kan die reddingspoging nog ure duur. “Sommige van die rotse wat uitgehaal moet word, is meer as twee keer so groot soos ʼn groot veldvoertuig en moet versigtig geboor en losgeskiet word om enige negatiewe impak op die skeepshouer en ons drie kollegas daarbinne te verhoed,” het hy gesê

Die myn bly steeds gesluit terwyl reddingspogings voortgaan.

Lees alle vorige berigte oor die Lily-myn op Maroela Media.

Die Lily-myn. Foto: Verskaf Buite die hekke na die Lily-myn. Foto: Verskaf Die hekke na die Lily-myn. Foto: Verskaf

Viewing all articles
Browse latest Browse all 56621

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!